Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners hou park netjies
Die aalwyne blom nou pragtig in die geharde tuintjie wat Albert Oberholzer met die hulp van die Mangaung-metro se parke-afdeling hier geskep het.

Hegarpark in Hospitaalpark het weer ’n groen baadjie aangetrek.

Dit is danksy Albert Oberholzer, sy vrou, Rita, en sommige inwoners van die Edelweiss- en Alpen Rosen-meenthuis­kompleks wat aan die parkie grens.

Volgens Oberholzer, wat sowat vyf jaar gelede in die Edelweiss-kompleks ingetrek het, het inwoners die parkie aangeneem.

“Met die hulp van Dawie Coetzee en die Mangaung-metro se parke-afdeling is 21 bome en aalwyne geskenk. Ons het dit hier geplant,” sê Oberholzer.

Die parkie het ook vyf bankies van die munisipaliteit ontvang wat onder die bome ’n sitplek vir besoekers bied.

Paaltjies is om die park aangebring sodat niemand daar kan inry nie.

“Rita voer graag die duiwe, en heelwat kiewiete en dikkoppe woon ook in Hegarpark,” sê hy.

Volgens Oberholzer sny munisipale werkers die park se gras twee keer per jaar, maar hy reken dit sal help as iemand af en toe daarmee kan help.

“Veral die sypaadjies is slordig. Dit sal baie help as van die ander inwoners in die omgewing by instandhoudingswerk betrokke kan raak.”

Skuins oorkant hierdie park is ’n speelparkie vir kinders wat deur nog ’n inwoner in die omgewing netjies gehou word.

  • Rig navrae aan Oberholzer by 082-202-4274.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.