Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners spring in

Talle inwoners en ondernemings het die afgelope tyd aktief eienaarskap geneem van verkeerseilande en -sirkels in die stad.

Die suksesresep van die Fichardtpark Woonbuurtvereniging (FWA) het talle ander geïnspireer. Die FWA onderhou meer as 23 parkies en 90 verkeerseilande in Fichardtpark.

Florein de Winnaar van die Noordelike Buurtwagvereniging (NBWA) nooi groepe mense en onder- nemings wat ’n bydrae wil lewer om parke en verkeerseilande in die noorde van die stad netjies te hou, om betrokke te raak.

“Ons wil projekte begin om oral in ons woonbuurte parke, sypaadjies en verkeers­eilande in stand en skoon te hou.”

Sy sê mense kan ook bydra deur byvoorbeeld plante, klippies en grond te skenk.

Die NBWA, saam met Pick n Pay Preller Walk, onderhou die sirkel in Albrechtstraat by die Laerskool Willem Postma.

’n Groepie van tussen vier en 14 vrywilligers maak die afgelope maande elke Sater- dag van 07:00 tot 09:00 die verkeerseilande in Universitas netjies.

Schalk van Vuuren, voorsitter van Trots Universitas in Aksie, sê dit is belangrik dat mense saamwerk en hul omgewing help skoonhou.

“Inwoners kan begin deur hul eie sypaadjies netjies te hou. Dit is ook vir almal ’n groot frustrasie as inwoners vullissakke op verkeerde dae uitsit.”

Nog iets wat inwoners warm onder die kraag maak, is mense wat hul vullissakke voor bure se huise, of op verkeerseilande, sit.

Van Vuuren sê hulle het elke Saterdag vrywilligers nodig om in Universitas te help en ook skenkings om hul werk te doen. Benewens vullis wat opgetel word, sny hulle gras op die verkeerseilande.

“As ons eers die omgewing netjies het, wil ons meer betrokke raak by die veiligheid van die omgewing.”

Nog een van die mooi stories is Fritz Greyvenstein, eienaar van Hymax, en sy vriende wat die sirkel in Waverleyweg en Albrechtstraat aangeneem het en reeds 22 bome, asook gras, daar geplant het.

“Ons noem dit die Circle of Friends en talle van ons vriende het nou al daar ’n boom geplant. Wat vir my so wonderlik is, is hoe verbygangers betrokke raak, soos iemand wat paaltjies kom plant het om die jong boompies te stut en iemand wat die bome kom snoei het.”

Benewens die sirkel, onderhou die groep die verkeerseiland tussen die sirkel by Willem Postma en die Waverley-sirkel, asook die sypaadjies in die omgewing.

“Dis baie lekker om ’n verskil te maak. As alle inwoners in hul omgewing ’n handjie bysit, kan ons stad binnekort heeltemal anders lyk,” sê Fritz.

Bel De Winnaar by 082-571-5231 en Van Vuuren by 082-412-4175.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.