Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaar vol hoogtepunte

“Wanneer ons terugkyk op die reis van 2018, sien ons uit­dagings, storms en vele afdraaipaadjies. Maar meer nog sien ons reënboë vol beloftes, reisgenote wat saam bid en saam gereis het,” so lui die dankbetuiging in Engo se jaarverslag vir die afgelope boekjaar tot 31 Maart.

Engo het op Donderdag 22 Augustus sy jaarvergadering, waarop die verskillende programme se verslae voorgehou is, by The Willows aangebied.

“Wat aannemings betref, wil ons vir kinders permanensie gee,” sê Madeleine Nortje, direkteur vir aannemings en gesinsorg.

Volgens Nortje is daar vanjaar 60 kinders deur Engo laat aanneem, waarvan vier inter­nasionale aannemings was van ouers in België. Hulle het 47 herkomsnavrae ontvang en het sewe meisies of vroue wat swangerskapkrissise beleef het, ondersteun.

Sy sê Engo Gesinsorg is ’n voorkomende program.

“Ons het vanjaar meer as 100 000 mense op verskillende maniere geraak.”

Dit sluit gevalle-werk, hulpverlening rakende die basiese behoeftes van gesinne, statutêre dienste en werk met straat­kinders in. Nortje sê die behoeftes van 50 straatkinders is deur ’n ver­skeidenheid programme aan­gespreek.

Christa Maree, direkteur vir kinder- en jeugsorgsentrums, sê daar is in die afgelope boekjaar 188 nuwe kinders by kinder- en jeugsorgsentrums ontvang. Altesaam 872 kinders is by dié sentrums versorg.

“Meer as alles is ons trots op hierdie kinders wat presteer. Daar was onder meer 16 kinders op hul onderskeie skole se leerlingraad,” sê Maree.

Altesaam 20 kinders het die provinsie verteenwoordig in rugby, krieket, atletiek, hokkie, judo, swem, boks, gimnastiek of karate. Een kind het ’n eerste plek op die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskaps­byeenkoms vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes behaal, een kind is in die Suid-Afrikaanse judospan ingesluit en twee kinders is in die Suid-Afrikaans atletiekspan ingesluit.

Een van die suksesvolle projekte van die kinder- en jeugsorgsentrums is die skool­verlatersprogram, waaraan 40 kinders deelgeneem het.

Maree sê dit is wonderlik dat Bloemfonteinse ondernemings hierdie projek ondersteun deur kinders die geleentheid te bied om ’n week lank daar te werk.

Ander programme van Engo sluit in afhanklikheidsorg, dienste aan ouer mense, hospitaalsorg, Negemadi-opleiding en dienste aan mense met gestremdhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.