SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Jaer vat dit rustig op N1

Hy jaag miskien teen ’n “helse spoed” wanneer hy in Suid-Amerika aan die moordende Dakar-tydren deelneem, maar wanneer Giniel de Villiers op die N1-hoofweg ry, ry hy besadig.

“Ek jaag nie op die pad nie. Ek kry mos my kicks in die renne,” sê De Villiers, een van Suid-Afrika se helde in die Dakar-tydren.

Wat De Villiers (46) op die N1 frustreer, is motoriste wat aan die linkerkant verbysteek.

Verskeie mense, onder wie joernaliste, besoekers van Japan en werkers, het op 26 Oktober die geleentheid gekry om saam met De Villiers en ander jaers om ’n tydelike baan by die motorfietsveldrenbaan by die Tempe-vliegveld buite Bloemfontein in ’n Dakar-voertuig te jaag.

De Villiers, wat vanjaar vyfde in die Dakar-tydren geëindig het, hoop om volgende jaar die tydren met sy span, Toyota Gazoo Racing, in hul plaaslik geboude Toyota Hilux te wen.

Die span het die afgelope sewe jaar nog nooit ’n plek laer as in die boonste vyf behaal nie. De Villiers is die afgelope twee maande reeds aan die oefen.

“Ons probeer so goed as moontlik wees. Ons kort nog daardie eerste plek en ek dink dit is die motivering wat ons daar (in die topvyf) hou.

“Die ren vind net een keer ’n jaar plaas, so jy probeer jou bes.”

Volgens De Villiers staan die Dakar nie verniet as die “moeilikste ren ter wêreld” bekend nie.

“Alles is moeilik; dinge verander heeltyd. Daar is verskillende oppervlakke; ’n klomp goed wat kan gebeur. Die lang afstand maak dit moeilik. Jy ry soms in temperature van -10 °C,” sê hy.

Dit kan sowat 40 °C in die voertuig word en hulle drink sowat sewe liter vloeistof in die ses tot agt uur dat hulle per dag jaag, vir tien dae agtereenvolgens.

  • Die 40ste Dakar-tydren begin op Sondag 6 Januarie in Lima, die hoofstad van Peru, en eindig op Donderdag 17 Januarie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.