SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Jehovasgetuies trek hier saam

Die Jehovasgetuies se jaarlikse byeenkomsreeks is op 18 Mei in Amerika begin.

Die tema van dié jaar se byeenkomste is “Wees moedig”.

Die reeks byeenkomste word wêreldwyd, en in honderde tale, deur Jehovasgetuies aangebied.

Die Bloemfontein-byeenkoms word van Vrydag (09/11) tot Sondag (11/11) in die Toyota Vrystaat-stadion gehou, en sal in Afrikaans, Engels en Suid-Sotho aangebied word.

Honderde byeenkomsgangers van oor die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes heen sal hierdie geleentheid na verwagting bywoon.

Die program bestaan uit 54 aan­biedinge, insluitend toesprake, klank­dramas, onderhoude en kort video’s.

Daarbenewens sal ’n vollengte-rolprent op die laaste dag van die byeenkoms vertoon word, met die titel Die verhaal van Jona – ’n les oor moed en genade.

Die oggend- en middagsessies sal elke dag voorafgegaan word deur die ver­toning van musiek­video’s wat spesifiek vir die byeenkomsreeks voorberei is.

Vir meer inligting oor dié geleentheid, bel Eugene Seegers by 083-324-9217 of stuur ’n e-pos na ezee.za@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.