Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn liggaamsbouer pryk op voorblad
Yvette Ferreira is in Mei as ’n professionele liggaamsbouer geklassifiseer.Foto: Verskaf

Voordat sy in 2017 aan liggaamsboukompetisies begin deelneem het, was sy nog nooit in ’n bikini nie. Verlede maand het Yvette Ferreira (29) in ’n tweestuk op die voorblad van Fitness Magazine se November-Desember-uitgawe gepryk.

Dié Bloemfonteiner was verlede jaar onder die drie finaliste in die USN Face of Fitness-kompetisie.

Fitness Magazine die November-Desember-uitgawe op drie verskillende voorblaaie gepryk het. Die ander twee finaliste is Farai Gomwe, oorspronklik van Zimbabwe, en Logan Leigh, albei van Johannesburg.

Ferreira, wat haar enkele dae voor die kompetisie se sluitingsdatum ingeskryf het, sê dit is nie ’n skoonheidskompetisie nie.

“Dit gaan daaroor dat jy die beeld van ’n gesonde leefstyl uitdra en fiks en gesond is,” sê Ferreira.

Die liggaamsbougogga het haar gebyt nadat sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem en derde geëindig het in die bikini-afdeling vir langer vroue. Dieselfde jaar het sy tot by die nasionale ronde van die Nasionale Amateur-liggaamsbouvereniging (Nabba) en Wêreldfiksheidsfederasie (WFF) se liggaamsboukompetisie deurgedring – sonder enige hulp.

Toe sy nie in dié nasionale kompetisie goed op die ranglys vaar nie, het sy haar einde 2017 by die aanlyn afrigter Riaan Dohne van Rishape Fitness aangesluit.

WFF het haar in Mei verlede jaar as ’n professionele liggaamsbouer geklassifiseer nadat sy die eerste plek in haar afdeling op die Nabba/WFF Pretoria Classic behaal het.

Ferreira sal Suid-Afrika vanjaar op die WFF se internasionale kampioenskap verteenwoordig.

“Hierdie leefstyl leer jou selfdissipline en respek. Dit maak jou nie net fisies sterk nie, maar ook emosioneel sterk.”

Ferreira sê haar selfvertroue het aansienlik toegeneem sedert sy aan liggaamsboukompetisies begin deelneem het.

Sy was oor die jare heen selfbewus, veral oor haar rekmerke, en het in eenstukswemdrag of “ ’n hempie” geswem.

“Jou liggaam verander. Ek dink dis hoekom hulle dit body building noem, want jy bou jou liggaam.”

Van die bevrediging in liggaamsboukompetisies lê vir haar daarin om vir mense te wys: “Hierdie is my harde werk.

“Ek het ’n professionele atleet geword, sonder om steroïede te gebruik,” sê Ferreira oor dié stigma in die bedryf.

Wanneer sy op die verhoog is, is die wete dat sy daagliks hard vir daardie oomblik gewerk het, lekker.

Sy meen vroue moet nie bang wees om met gewigte te werk nie.

“Hoe meer spiermassa jy het, hoe sterker is jy. Dis net tot jou voordeel.”

Hoewel sy heelwat strenger na haar oefenprogram en eetgewoontes moet kyk wanneer sy vir kompetisies voorberei, is dit nie so ’n groot aanpassing van haar alledaagse leefwyse nie.

Vir Ferreira kom ’n leefstyl van gesond eet en oefening al natuurlik.

“Ek oefen sewe dae ’n week, nie omdat ek moet nie, omdat dit vir my lekker is.”

Die twee uur per dag wat sy in die gimnasium sweet, is ontspanning.

Ferreira glo die kos wat sy inneem, is ’n vorm van selfrespek en sê ook sy sal nie iets eet as sy dit nie geniet nie.

Sy laat haarself toe om te eet wat sy wil – wanneer sy nie vir ’n kompetisie voorberei nie – selfs oliebolle en pizza is moontlik. Haar kalorie-inname per dag moet nie 1 600 oorskry nie.

“ ’n Mens moet balans hê. Ek dink as jy die heeltyd net ’n slaaitjie en ’n hoendertjie eet, gaan jy een of ander tyd jou kop verloor.”

Farai Gomwe is uiteindelik aangewys die wenner van die USN Face of Fitness-kompetisie.

  • Ferreira lei winkelpersoneel op. Sy het ’n BA-graad in mediastudies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Sy doen tans ’n deeltydse kursus in voeding, waar haar passie lê, deur Trifocus Fitness Academy.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.