Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong kampioene vorm gedugte span

Grey-kollege se Daniël Steyn en Robert Summers van Kimberley het op die afgelope Suid-Afrikaanse Junior Pluimbalkampioenskap saamgespan om as die Suid-Afrikaanse dubbelspelkampioene gekroon te word.

Die kampioenskap is van 23 tot 30 Junie in Pretoria beslis.

Daniël speel vir die Vrystaat en Robert vir Noord-Kaap in die spankompetisie. Daniël het al in verskeie Vrystaat-spanne gespeel wat die beste in hul onderskeie ouderdomsgroepe in Suid Afrika was. Vrystaat het juis weer die 2018 junior titel gewen.

Daniël en Robert het twee jaar gelede besluit om kragte saam te snoer in die seunsdubbelspel-afdeling. Hulle het mekaar onmiddellik gevind en ’n gedugte kombinasie gevorm wat reeds twee Suid-Afrikaanse o.17-dubbelspel­titels gebuit het.

Hul ouderdomme is een van die merkwaardige dinge van die kombinasie – albei is volgende jaar nog juniors en het by die Suid-Afrikaanse kampioenskap hoofsaaklik teen ouer spelers presteer. Dit het hulle nie gepla nie.

Hulle het die toernooi heeltemal oorheers en het nie een stel in hul opmars na die titel afgestaan nie en ook die eindstryd gemaklik met 21/9, 21/19 teen WP se Jarred Elliot en Sean Noone gewen. Noone het vir nege maande in Denemarke en Maleisië geoefen om voor te berei.

As Daniël en Robert, soos nou, as span bly ontwikkel, gaan hulle binnekort selfs op senior vlak begin naam maak.

Albei is vir hul goeie spel beloon en in die Suid-Afrikaanse junior groep ingesluit waaruit die Suid-Afrikaanse junior span vir die Wêreld- junior kampioenskap gekies gaan word wat in Oktober in Kanada plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.