Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong musikant na konsert genooi
Denise Cilliers met haar tjello.Foto: Laurika van Straaten

’n Leerling aan die Laerskool Willem Postma het deelgeneem aan ’n internasionale virtuele konsert met deelnemers van oor die wêreld heen.

Denise Cilliers (gr. 7) se ma, Mandie, sê haar dogter speel tjello vandat sy ses jaar oud is.

Na aanleiding van Denise se goeie uitslae in die Royal Schools of Music (ABRSM) se eksamen verlede jaar, is sy genooi om aan dié konsert deel te neem.

Sy was een van net agt Suid-Afrikaners wat deel van die virtuele konsert was, wat op YouTube uitgesaai is.

Mandie sê die kandidate met die hoogste punte is gekies om in 34 uitvoerings te speel wat in 12 lande aangepak is as deel van die ABRSM se konsert vir beste presteerders.

“Denise kry les by Tilla Henkins,” sê Mandie.

“Sy oefen elke dag vir ongeveer een uur tjello.”

Denise het verlede jaar haar gr. 3-tjello-eksamen voltooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.