Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong stoeier verwerf goud

Lohan Diedericks (9) het Donderdag (01/11) ’n trofee vir die beste prestasie in stoei van die Laerskool Bloemfontein ontvang.

Dit kom nadat hy op 5 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Stoei­federasie se jeugkampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem het.

Daar het hy ’n goue medalje in die o.9-afdeling (36 kg tot 40 kg) verwerf.

Sy pa, Leon, sê dié oorwinning was besonder soet omdat Lohan se teenstander hom twee maande tevore in die Johnny Reitz Big Five-toernooi in Pretoria geklop het. Lohan het in dié toernooi ’n silwermedalje ontvang.

Hy spog met ’n hele paar medaljes sedert hy verlede jaar by die Van Rooyen-stoeiklub begin stoei het.

Dit blyk dat stoei nie net ’n sportsoort is waarin Lohan besonder goed vaar nie. Dié sportsoort het glo sy selfbeeld boonop ’n goeie hupstoot gegee.

Lohan se ma, Annerize, sê hy het sommer ’n maand nadat hy begin stoei het meer selfvertroue begin kry.

Die jong stoeikampioen sê sy droom is om eendag oorsee te gaan stoei en om aan internasionale kompetisies deel te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.