Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kampeerders versterk ou bande
Lede van die bestuur van die Karavaanklub van Suid-Afrika in die Suid-Vrystaat wat die naweek by River of Joy gekamp het, met die koek wat gebak is om die eerste kamp in maande te vier. Van links is Arrie Fourie, Jan van der Walt, Charmaine Lombard en Greg Bell.Foto: Verskaf

Dit was ’n kenmekaar-kamp, want die lede van die Karavaanklub van Suid-Afrika in die Suid-Vrystaat kon dié naweek ná maande in isolasie uiteindelik weer ’n slag mekaar in die oë kyk terwyl hulle in die natuur kampeer.

Ná die klub se Covid-kamp, waaroor Bloemnuusin Mei berig het, het die bestuur besluit om weer die naweek van 9 tot 11 Oktober ’n kamp aan te bied.

Greg Bell, voorsitter, sê 16 lede en twee gaste het in hul woonwaens by River of Joy net buite Glen saamgetrek.

“Dit was ’n lekker geleentheid waar­tydens ons ná maande in isolasie ’n slag die woonwaens kon saamtrek en kuier,” sê hy.

“Ons het al die Covid-voorskrifte nagekom – vorms is ingevul en almal se koors is gemeet toe hulle hier by River of Joy aankom,” sê Bell oor die veiligheid van die kamp.

Charmaine Lombard, wat al vandat sy drie jaar oud is saam met haar ouers as lid van die klub kamp, en wat onlangs tot komiteelid verkies is, het spesiaal vir die geleentheid ’n “kenmekaar-koek” gebak en versier.

Jan van der Walt, bemarkingsbeampte, sê dit is lekker dat die bestuurspan nou meestal uit jonger mense bestaan.

“Hier is baie kinders wat ook nou saam kampeer en ons hoop hulle leer ’n liefde vir kampeer aan sodat hulle lede van die klub bly.”

Awie en Ellen Fourie, wat al van 1976 aan die klub behoort, sê dit is die vriendskap wat hulle die afgelope paar maande die meeste gemis het.

“Dit is lekker om weg te breek en saam met die ander te kampeer.”

Die klublede gaan weer einde Oktober kampeer en beplan ook aan hul Kersfees-kamp vroeg in Desember.

Rig navrae oor die klub aan Van der Walt by 082-802-9773.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.