Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerk vat hande met landboubedryf
Personeel van die NG Kerk se sinodale kantoor in die Vrystaat wat help met die koördinering van die projek, is van links Celicia McLean (bestuurder: kommunikasie en bemarking), dr. Johan Nel (Seminarium-bestuurder), ds. Barnard Steyn (sameroeper van die projek) en Karisma du Pisanie (skakelbeampte).Foto: Lientjie Mentz

Die NG kerk Vrystaat en die Landbou-besigheidskamer (Agbiz) het hande gevat in ’n provinsie-wye projek genaamd Vrystaat Voedselhulp om mense oral in die provinsie wat kosnood ervaar, by te staan.

Ds. Barnard Steyn, bedieningsbegeleier by die NG kerk Vrystaat en sameroeper van Vrystaat Voedselhulp, sê die NG Kerk het ’n sterk voetspoor oral in die provinsie.

“Baie van die kerke se lidmate het self voedselnood en 90% van die kerke het projekte waar hulle mense in die dorp en townships van kos voorsien.

“Eerder as om ons eie projek te begin, het ons begin saamwerk met Agbiz wat ’n inisiatief saam met Graan SA onderneem.”

Agbiz se uitvoerende hoof, dr. John Purchace, sê in ’n verklaring sedert die aankondiging van die inperking einde Maart, was daar erge nood en die landboubedryf kan ’n beduidende rol speel om die gemeenskap te stabiliseer en honger te verlig.

Die onderneming het die Agri Value Chain Relief Project begin en sê dit is ’n inisiatief wat vrywillige deelname van boere vra.

Rolspelers in die bedryf wat reeds aangedui het dat hulle betrokke gaan raak, is Senwes, GWK, BKB, Afgri, VKB en OVK. Boere word aangemoedig om 1 ha droëlandgraan of oliesaad of die ekwivalent daarvan van ongeveer R10 000 op hul lidnommer vir die projek by hul agribesigheid te skenk. Elkeen van die landbou-ondernemings het sy eie stelsel waarvolgens die skenkings na die projek gekanaliseer word.

Hierdie skenkings word gedoen as deel van Vrystaat Voedselhulp, ’n inisiatief van die NG Kerk se Reformed Initiative for Community Development (RICD), georganiseerde landbou en landboubesighede met hul onderskeie hulpverleningsprojekte.

Die RICD werk ook saam met Silostrat om gemaalde meel direk aan kerkkantore te verskaf soos wat skenkings van boere inkom.

Rig navrae by Steyn by bicsteyn@ngkvs.co.za of by die NG kerk Vrystaat se kantoor by 051-406-6700.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.