Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kersfees besing

’n Groep plaaslike kunstenaars, waaronder Corneil Muller van The Voice Suid-Afrika-faam en die wêreldbekende operasanger Sibongile Mngoma, sal met ’n spesiale musiekkonsert die kollig op die wonder van Kersfees plaas.

A Miracle on Urth word Vrydag (13/12) om 19:00 by die Urth-tuin­sentrum aangebied.

Ander plaaslike sangers wat op die verhoog te sien sal wees, sluit in Thoko Nogabe, voormalige Idols-finalis Shanice May en die nuweling Kenosi Scheepers. Die Heidedalse orkes Pure Delicate Artistry (PDA) sal die agtergrondmusiek verskaf.

Angelo Mockie, vervaardiger van die konsert, sê die gehoor kan hom vir ’n spesiale musikale ervaring gereed maak.

“Na my mening is daar geen beter manier om die jaar af te sluit as met ’n konsert wat die lof van Kersfees besing nie.

“Hoewel die konsert nie net uit Kersliedere gaan bestaan nie, gaan dit beslis die gehoor herinner aan wat ’n spesiale tyd Kersfees eintlik is.”

Kaartjies vir die konsert is teen R80 (vooraf) en R100 (by die deur) by Urth beskikbaar. Kinders jonger as 12 betaal R40. Kaartjies kan ook aanlyn by Quicket bespreek word.

Vir meer besonderhede oor die konsert skakel 073-226-7125.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.