SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Kersklanke vul mae

Vanjaar se Carols with the Stars, op Vrydag 9 November by die Laerskool Willem Postma, gaan ’n saamsing- en kuiergeleentheid vir die hele gesin wees.

Oud-Bloemfonteiner Caroline­Grace tree saam met Heinz Winckler op en Bloemfontein se gewilde Arco Musica gaan ook op die verhoog wees.

Soos in die verlede gaan blikkieskos ingesamel word om die groot kosnood in die stad te help verlig.

Caroline-Grace sê sy is baie opgewonde oor die geleentheid om saam met Heinz op te tree.

“Ek het hom nog altyd vir sy besonderse stem bewonder,” sê sy.

Dié oud-Bloemfonteiner het die afgelope jaar behoorlik bekendheid verwerf ná haar deelname aan The Voice op M-Net.

Sedertdien het sy en Fatman, nog ’n deelnemer, verskeie kere in hul vertoning Beauty and the Beast opgetree. Sy het ook verlede jaar haar eerste Afrikaanse CD, Eindelose Liefde, uitgereik en het video-opnames van haar liedjies “Ek bid vir jou”en “Eindelose Liefde” gemaak.

Heinz beplan om ’n paar van sy liedjies op die album The Roar te sing, asook sy nuwe liedjie “It’s Time” wat hy saam met Loyiso Bala en Neville D opgeneem het.

“Met dié liedjie wil ons die mense van Suid-Afrika tot ’n eenheid saamroep,” sê hy.

“Ek glo die fokus van Carols with the Stars is om saam met die gehoor die Here se naam groot te maak.”

Heinz sê dit is vir hom baie lekker om in Bloemfontein op te tree en hy sien baie daarna uit – veral omdat sy vorige Carols-vertoning uitgereën het en hy nie die geleentheid gekry het om op te tree nie.

“Bring jou gesin, familie en vriende. Kom met ’n verwagting om ’n ontmoeting met Jesus te hê en om ’n atmosfeer te skep wat ’n stad kan verander.”

Carols with the Stars bied die geleentheid om saam met die kunstenaars bekende Kersliedjies te sing om die Kerstyd in te lui.

Lede van die gehoor het ook die kans om vanjaar ’n splinternuwe Nissan NP200 1,6 8V-petrolbakkie, geborg deur Pick n Pay Preller Walk, te wen.

Bloemnuus-lesers kan hulle nou reeds inskryf deur hul naam en van, ID-nommer en selfoonnommer agter op ’n inkopiestrokie van Pick n Pay Preller Walk te skryf en in die gemerkte houer by dié winkel te gooi.

Volgens Duncan Pentz, eienaar van Pick n Pay Preller Walk, is Carols with the Stars se groot doel om ’n besonderse familie-geselligheid te skep en soveel as moontlik nie-bederfbare kos vir minder­bevoorregtes in te samel.

Die liefdadigheidsorganisasies wat ondersteun gaan word, is Vrystaat Versorging in Aksie, die President Kruger-kinderhuis in Reddersburg en die Siyathokoza Vulnerable Children-projek.

Lesers kan vooraf blikkieskos in die houers by Pick n Pay Preller Walk plaas – vir die geleentheid wil die organiseerders graag ’n paar bakkievragte vol blikkieskos insamel.

Toegang tot die feesaand op 9 November om 18:30gaan ook blikkieskos wees. Dit sal in waentjies versamel word en op die geleentheid oorhandig word.

Die name van vyf klante wat hul inkopies by Pick n Pay Preller Walk gedoen het en hul besonderhede agter op die inkopiestrokies geskryf het, gaan op die konsert getrek word en elkeen gaan ’n motorsleutel kry. Slegs deelnemers wat die aand teenwoordig is, sal in aanmerking kom om die voertuig te wen.

Die wenner se sleutel sal die voertuig kan oopsluit én aanskakel.

Hou Bloemnuus en Bloemnuus se Facebook-blad dop vir meer inligting oor Carols with the Stars.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.