Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders baljaar in mooi gedagte

’n Groep van sowat 70 kinders is op 30 November by Tafel­ronde 158 se jaarlikse Henk Cronje-kinderdag betrek.

PG Grove van Tafelronde 158 verduidelik dié dag het reeds jare gelede ontstaan toe Henk Cronje in samewerking met Tafelronde elke jaar rondom Kersfees die Kopano Nokeng-kinderdag aangebied het.

Ná Henk se afsterwe is die naam van die dag verander om hom vir hierdie mooi gedagte te eer.

Kinders van die Athalia-huise, van die Heidedal-naskool-groep asook kinders van die Laerskool Heide en Jo Solomon en ander het die dag by Magic Events, Kelly’s View, geniet.

Daar was springkastele, waterwurms, geskenke en kospakkies.

Die brandweer het ook kom kuier en het water en skuim gespuit waarin die kinders heerlik kon baljaar.

Aan die einde van die dag is die kinders huis toe met glimlagte, geskenke en lekker vol mae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.