Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders met party verras
Ons Kinderhuis
Talle instellings en vrywilligers het op Saterdag 17 November ’n Kerspartytjie vir die 100 inwoners van Ons Kinderhuis aangebied. Van links is Aletta van Niekerk (NG kerk Bultfontein), Marina van den Berg (Executive Motors), Dina van Heerden, Jenny Vorster (Only Realty), Nella van Heerden en Michele Lawrence (Mev. Bloemfontein 2018). Foto’s: Lientjie Mentz
Ons Kinderhuis
Van die vrywilligers en instellings wat by Ons Kinderhuis se Kerskonsert betrokke was, is van links, voor: Amorey van Staveren (8), Annalize Cotton, Ilani Coetzer en Kellyn Cotton; agter: Petri van der Walt (AfriForum-jeug), Maryke van Staveren (NG kerk Uitsig), Deon Coetzee, Francois en Petro Smith (almal van die NG kerk Uitsig), Sophy Dawson (Bloemfontein-motorklub) en Cheryl du Plessis (Nicsha-petroleum).

Kersvader wat in ’n blou sportmotor aangery kom, vrolike Kersliedjies wat opklink, en hope en hope geskenke.

Dít is die gesig wat ’n mens op Ons Kinderhuis se spesiale Kerspartytjie ingewag het. Die geselligheid is op Saterdag 17 November op die kinderhuis se grasperk aangebied.

Dina van Heerden, ’n vrywilliger by Ons Kinderhuis en ’n oud-inwoner wat sowat nege jaar daar gebly het, het vanjaar die tweede jaar agtereenvolgens kinderharte met dié partytjie verbly.

Dina het die kinderhuis in 1985 verlaat.

“In my jare in Ons Kinderhuis het ek maklik vriende gemaak, ondanks al die seer en swaarkry wat ek in my lewe ervaar het.

“Ek moes myself staal en sterk maak vir dít wat in die wêreld daar buite op my gewag het. Dit was vir my maklik om met almal oor die weg te kom, en ek het my jare in die kinderhuis so lekker moontlik gemaak. Dit het my baie gehelp in my pad na volwassenheid.”

Dina sê sy kan haar goed indink hoeveel pyn die kinders in die kinderhuis beleef. Op dié manier kan sy vir hulle ’n mentor wees deur vir hulle te wys dat jy bo kan uitkom.

“Glo in God en glo in jouself – jy is spesiaal in God se oë,” is haar boodskap aan elke kinderhuiskind.

Sy sê sy kan net dankie sê aan haar Hemelse Vader vir al die wonderlike mense wat Hy oor haar pad gebring het wat dit moontlik gemaak het om dié partytjie aan te bied.

Talle organisasies en ondernemings het meegewerk om dié partytjie vir die 100 inwoners van Ons Kinderhuis spesiaal te maak.

Dit sluit in AfriForum-jeug, die Bloemfontein-motorklub, die NG kerk Bultfontein, Only Realty, Executive Motors, Nicsha-petroleum, die NG kerk Uitsig, die LimitLiz-sangskool, Mixed Berries, Piyet Sounds en ander vriende en familie.

Frikkie van Dyk, hoof van Ons Kinderhuis, het gesê dié geleentheid is vir die kinders baie spesiaal.

’n Mens kon op die kindergesiggies die vreugde sien oor alles wat hulle op dié Kerspartytjie te beurt geval het.

Meer oor:  Bloemnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.