Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders op nuwe manier gehelp
Van die geld wat ingesamel is uit Pentagon Pistols se Twee Oseane-uitdaging tydens die grendeltyd kon Kinderwelsyn Bloemfontein warm skoene, nagklere en pantoffels vir die 26 kinders van die Talitha Cumi-jeugsorgsentrum, waar 12 babas en kinders van 2 tot 10 jaar versorg word, gekoop word.Foto: Verskaf

Die staat van inperking weens Covid-19 het ook op Kindersorg Bloemfontein en Childline Vrystaat geldelike stremming geplaas.

Marietha le Roux, direkteur van Kindersorg Bloemfontein, sê geldinsameling met ’n Twee Oseane-uitdaging in April het dié organisasie baie gehelp in hierdie tyd. Gerhard Beukes en lede van die Pentagon Pistols-hardloopklub het geld ingesamel deur die afstand van die Twee Oseane-ultra­marathon in hul tuin te hardloop en mense het hulle geborg.

“Met die R69 000 wat met dié projek ingesamel is, kon ons wintersklere vir die kleintjies van die Talitha Cumi-jeugsorg­sentrum koop. Ons het vir die kinders warm slaapklere, skoene en pantoffels gekoop voordat die winter toegeslaan het,” sê Le Roux.

Cynthia du Toit, maatskaplike werker by Kindersorg Bloemfontein, sê hulle het in die inperkingstyd tot dusver 59 kinders en hul gesinne met kospakkies, klere en baba-benodigd­hede gehelp.

Sy sê dié organisasie bied beskermingsdienste aan 1 679 kinders.

“Kinders van ons twee nasorgsentrums in Batho en Heidedal kry weer daagliks kos by die sentrums nadat ons toestemming verkry het om daarmee voort te gaan,” sê Le Roux.

Een van die projekte waarby die organisasie hom nou aangesluit het om geldelike steun te kry, is die MySchool MyVillage MyPlanet-­program.

Riëtha Wagener, koördineerder by Kindersorg Bloemfontein, sê dit is een van Suid-Afrika se grootste geldinsamelings­programme, wat ondersteuners in staat stel om ’n bydrae aan ’n spesifieke liefdadigheids­­organisasie te lewer wanneer hulle gaan inkopies doen.

Belangstellendes wat by die program betrokke wil raak, kan aansoekvorms by Kindersorg Bloemfontein se kantoor by Aliwalstraat 54 kry, of kontak ontvangs deur 051-430-3311 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.