Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klassieke klanke tuis gehoor
Magdalene Minnaar Foto: Verskaf

Soos talle teatergeleenthede oor die wêreld heen moes die eerste Vrystaat Klank en Klassique (VKK) ook voor die Covid-19-pandemie die knie buig.

Tog maak dié fees van klassieke musiek vanjaar sy buiging op die digitale verhoog.

Vrystaat Klank en Klassique is ’n platform geskep deur die Vrystaat Kunstefees vir uitvoerende klassieke musici en luisteraars van dié tydlose kunsvorm.

Die digitale konserte sal mense die geleentheid gee om steeds die musiek te geniet – nou net in hul eie voorhuis.

Die konserte word ingelei deur akteurs wat kort verbeelding­stories deur van Bloemfontein se bekendste skrywers vertolk. Die stories is deur die musiek begeester en die visuele opnames in treffende Vrystaatse landskappe gemaak.

Die fees behels vyf uitvoerings. Anneke Lamont, bekende Suid-Afrikaanse pianis, speel Beethoven se Diabelli-variasies ter viering van dié meester se 250ste geboortejaar.

Magdalene Minnaar (sopraan), begelei deur Maryke Johnson (klavier), sal in Broadway to Baroque by werke van Bach begin en eindig met uittreksels uit die musiekspele Evita, The Producers en Les Misérables.

Die bekroonde Odeion-strykkwartet speel werke van die Suid-Afrikaanse komponiste Mokale Koapeng, Nadia Burgess en Allan Stephenson, en sluit af met Anton von Webern en Mendelssohn.

’n Verkleinde Vrystaatse simfonieorkes (FSSO) se aanbod behels onder meer ’n Bach-concerto vir twee viole, “Winter” uit Vivaldi se Vier seisoene en ’n Klarinetconcerto van Mozart.

Die soliste is Samson Diamond, Sharon de Kock (viool) en Danré Strydom (klarinet). Alexander Fokkens is die dirigent.

Die fees sluit af met ’n verskeidenheidskonsert deur die room van die Odeion Skool vir Musiek (OSM) se studente, asook die OSM Camerata onder leiding van Elsabé Raath.

Die fees duur van 1 Oktober tot 5 Oktober. ’n Konsert sal elke dag aanlyn gelaai word en vir twee weke daarna nog beskikbaar wees.

Gehore sal die geleentheid kry om op ’n vasgestelde tyd regstreeks met die kunstenaars op Facebook te kommunikeer.

Die kaartjies is te kry by Webtickets, Pick n Pay of deur die webwerf vrystaatkunstefees.co.za wat jou na Webtickets sal lei.

Kaartjies kos R40 per konsert en R100 vir ’n feespakket van vier konserte.

  • Jaco Jacobs, Ilne Fourie, Nàomi Morgan en Zee Bashew se stories sal deur Gerben Kamper, Jefferson J Dirks-Korkee, Nosana Sondiyazi en Hillétje Möller Bashew vertolk word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.