Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleuters leer oor handhigiëne

Die kleuters van die ABC-kleuterskool het Donderdag (03/05) meer oor handhigiëne geleer met Wêreldhandhigiënedag wat Saterdag (05/05) plaasgevind het.

Personeel van die Life Rosepark-hospitaal het dié kleuterskool by Vrystaat-versorging in Aksie (VVA) in Watkeystraat besoek.

Barenda du Preez, Life Rosepark se infeksiebeheerspesialis, het aan die kinders gewys hoe hulle hul hande behoorlik moet was. Om hande vir vyf sekondes te was, was die sigbare vuilheid af, maar raak nie ontslae van skadelike kieme wat infeksies kan veroorsaak nie – veral nadat die badkamer besoek is of kos hanteer is.

Die ABC-kleuterskool, wat 40 jaar gelede as VVA Bloemfontein se speelgroepie, Die Welpies, ontstaan het, is nou ’n volwaardige kleuterskool met Gerda-Marie Oosthuizen as skoolhoof. Oosthuizen is al vir 30 jaar by kleuterskoolonderwys betrokke en is passievol daaroor dat dié kleuterskool se voortbestaan verseker moet word.

Corné Killian, administratiewe koördineerder van die VVA, sê toenemende geldelike eise weens onvoldoende staatsubsidies, vermindering in skenkings en stygende bedryfskostes, het die VVA genoop om inkomstegenererende projekte aan te pak om die tak se voortbestaan te verseker.

“Die ABC-kleuterskool is een van die VVA se inkomstegenererende projekte waar gepoog word om die gemeenskap te dien en ’n inkomste te genereer.”

Sy sê hulle doen dit deur borge te probeer kry vir minder gegoede kinders van die omgewing om as “betaalde” kleuters hier skool te gaan. Die geleentheid word ook aan behoeftige kinders gebied om teen ’n verminderde prys skool te gaan.

Killian sê die kleuterskool bied ook opleidingsgeleenthede vir studente van die Universiteit van die Vrystaat se arbeidsterapiestudente om prakties te doen. Sy sê die kleuterskool moet sy voete in ’n mededingende veld vind.

“Die mikpunt is om geldelik onafhanklik te wees, en om dít reg te kry, is ’n minimum van 25 en verkieslik 30 kinders – die getal waarvoor die skool geregistreer is – nodig.”

Daar is tans 16 kinders van drie tot ses jaar wat die skool bywoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.