Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klublede leer ander met vertroue toespreek

Die Bloemfontein Toastmasters-klub gaan van krag tot krag. Hannatjie Penning, Toastmasters se komiteelid vir openbare betrekkinge, sê lede leer om met gemak voor ’n gehoor te praat, in ’n ondersteunende omgewing.

“Jy sluit nie aan by Toastmasters omdat jy goed kan praat nie, maar sodat jy kan leer om beter en met gemak te praat.”

Lede wat hulle aansluit, kry ’n hand­leiding en toesprake om aan te bied.

“Elke spreker het ná die toespraak iemand wat hom of haar evalueer. Dit is opbouende kommentaar wat jou wys op jou sterk punte en wat jy kan verbeter.

“Daar is ook ’n afdeling waarin lede onvoorbereide toesprake doen. Daar is boonop ’n leierskapsafdeling waarin jy ’n sertifikaat van Toastmasters-internasionaal kan verwerf as jy die projekte voltooi.”

Penning sê so ’n sertifikaat is ’n aanwins op lede se curriculum vitae, want dit word hoog aangeskryf in die sakewêreld.

Toastmasters vergader elke tweede en vierde Woensdag van die maand by A Little Guesthouse by Van Blerklaan 15 in Groenvlei. Die volgende vergadering is Woensdag (29/01) om 17:15 vir 17:30.

Rig navrae aan Penning by 083-805-1342.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.