Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klug sal gehoor se lagspiere kielie

Nico Luwes se nuutste klug, Jollie Patrollie, is ’n speelse kykie na die bedroë bankamptenaar, Stephanus, en sy desperate pogings om sy knorrige ou baas, Bidou von Brakel, en dié se formidabele, preutse vrou, Barbarossa, te oortuig dat hy Jollie se getroue eggenoot is.

Sy baas is daarvan oortuig dat ’n eerlike, standvastige man by die huis ook ’n eerlike en standvastige man by die werk sal wees.

Stephanus is dalk net die man om bevorder te word.

Maar helaas! Die aand ontaard in chaos. Die mees absurde omstandighede en hoogs onwaarskynlike gebeure in die komplekse intrige laat die reeks komiese karakters bontstaan.

Wie is die vreemde meisie in die jas? Waar kom die blondine en die meisie met die pruik vandaan, en hoekom is dáái meisie altyd honger?

Dan is daar nog ook ’n meisie met ’n pruik, ’n blondine en ’n meisie wat altyd honger is. Die lotjie maak die lewe vir die arme Stephanus baie moeilik.

Al die karakters word die een ná die ander in ’n komiese knyptang vasgevang. Misverstande tussen karakters, verwarring oor die situasie en die dubbele betekenisse van woorde, of die gebrek aan die verstaan van vreemde taal in hierdie geval, sal die gehoor se lagspiere kielie.

Die klug bied ’n besondere intellektuele en fisieke uitdaging aan die groep derdejaar-dramastudente vir wie Luwes die stuk geskryf het.

’n Mens weet ’n klug is suksesvol wanneer die teks en die akteurs se vertolking van die karakters die gehoor kan oortuig dat die chaos dalk regtig in die werklikheid kon gebeur.

Kom kyk gerus en laat die teater skater.

) Jollie Patrollie is van 16 tot 18 Mei om 19:30 in die Wynand Moutonteater te sien. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.