Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kô, laat ons sing!

Die klank van Kersliedjies gaan Vrydag (08/11) vanaf die sportveld van die Laerskool Willem Postma in Dan Pienaar opklink wanneer die jaarlikse Carols with the Stars-konsert aangebied word.

Juanita du Plessis en haar kinders Franja en Ruan Josh gaan van hul liedjies op dié gratis vertoning sing en ook die gehoor in die sing van Kersliedjies lei.

Dit is die eerste keer dat die drie saam in een groot vertoning in Bloemfontein gaan wees.

“Dit is ’n groot voorreg om saam met twee van my drie kinders op te tree,” het Juanita aan Bloemnuusgesê.

Sy sê dit is vir haar altyd heerlik om in Bloemfontein op te tree.

“Die gehore is baie vriendelik. Ek probeer om ten minste een keer ’n jaar in die stad op te tree.”

Voor hul vertoning gaan Bloemfonteiner Cèzanne Yzelle die gehoor op ’n paar liedjies trakteer en Mario Lategan, ’n seremoniemeester op die geleentheid, gaan hom by haar aansluit.

Toegang tot Carols with the Stars is gratis, maar almal word versoek om blikkieskos en ander nie-bederfbare produkte saam te bring wat aan vier liefdadigheidsorganisasies geskenk gaan word.

Daar sal winkeltrollies waarin skenkings geplaas kan word by ingange na die sportveld wees.

Die publiek kan deur die Zola Budd-hek en die Volvo-hek aan die sportveld se kant van die skool toegang verkry.

Mense wat hulle ingeskryf het vir die kompetisie waarin die splinternuwe Ford Figo 1,5 AMB, geborg deur Pick n Pay Preller Walk, gewen kan word, moet teenwoordig wees om ’n kans te staan om dié motor te wen. Inskrywings kan nog tot vandag (07/11) in die gemerkte houer by Preller Walk gesit word.

’n Bonus vanjaar is die Campmaster Roadster-sleepwaentjie wat deur die Preller Walk-winkel­sentrum geborg word en ook op dié aand gewen kan word. Inskrywings kan ook net tot vandag in die gemerkte houers in die sentrum geplaas word.

Konsertgangers moet stoele of ’n kombers om op te sit en ’n piekniekmandjie saamneem. Daar sal ook kosstalletjies wees.

Die hekke open om 17:00 en die vertoning begin om 18:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.