Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koerante ondersteun so fiksheid

Die Naval Hill CityRun wat op 27 April amptelik bekend gestel is, word nou deur Bloemnuus en Express as amptelike mediaborge ondersteun.

CityRun is ’n gratis 5 km-wedloop wat elke Saterdag om 08:00 (in die winter) op Naval Hill aangebied word. Elke atleet se tyd en posisie word aangeteken en is ná die tyd op die webwerf beskikbaar.

Leon Engelbrecht van CityRun sê dié weeklikse wedloop moedig mense aan om hul passie uit te leef en ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Meer as 250 mense neem elke Saterdag aan dié wedloop deel.

Benewens die Saterdag-wedlope is daar Dinsdae en Donderdae oefengroepe op Naval Hill waarby mense hulle kan aansluit.

Engelbrecht sê benewens die geleentheid om elke Saterdag in die natuur te hardloop of stap, wilCityRun wil ook help om Naval Hill in stand te hou. Verskeie projekte word beplan om vir besoekers en drawwers dié koppie meer toeganklik te maak.

Deelnemers aan die wedloop kan nou ook aansoek doen om ’n spesiale parkeerskyfie om hul toegang tot Naval Hill te vergemaklik.

T-hemde en nekdoeke (buffs) met die kleurryke CityRun-logo is onderskeidelik teen R250 en R100 beskikbaar.

Atlete kan die webwerf cityrunnavalhill.wixsite.com besoek om hulle vir die wedloop te registreer. Sodoende sal hulle weekliks hul uitslae en meer inligting kan bekom.

Engelbrecht sê daar word nou ook gewerk aan ’n stelsel waarmee deelnemers hul uitslae per e-pos sal kan ontvang.

Hou Bloemnuus se Facebook-blad dop vir inligting oor die Naval Hill CityRun.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.