Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kongres die beste bron van aftree-inligting

Baie van ons het ’n ideale prentjie van wat ons in ons aftrede wil doen, en ons het die idee dat ons dit gaan doen met min of meer dieselfde inkomste wat ons met ons laaste salaris verdien het.

Die Sanlam Benchmark-peiling, wat elke jaar onder werkende Suid-Afrikaners gedoen word, wys egter dat dié ideale verwagting meestal onrealisties is.

Slegs 6% van Suid-Afrikaners sal finansieel onafhanklik wees as hulle aftree, die res sal op hul familie of ’n staatspensioen moet staatmaak.

Daarom is dit so belangrik dat ’n mens so vroeg as moontlik vir jou aftrede begin spaar sodat jy die voordeel van saamgestelde rente kan benut, sê Morné van Vrede, beleggingspesialis verbonde aan Allan Gray se effektetrust-verspreiding.

  • Allan Gray is een van die deelnemers aan Volksblad, Jenwil BlueStar Finansiële Adviesdienste, Sanlam en Radio Rosestad se Aftreekongres.

Hierdie kongres het sedert 2016 een van die beste bronne van aftree-inligting in Bloemfontein geword, met kundiges wat oor feitlik elke aspek van jou beplanning vir jou aftrede praat.

“Ons navorsing dui daarop dat dit ’n redelike vertrekpunt vir ’n 25-jarige is om 17% van jou salaris vir jou aftrede te spaar,” sê Van Vrede en voeg by dat die persentasie dramaties styg hoe later ’n mens begin spaar.

“Jy benodig 22% as jy op

30-jarige ouderdom begin spaar, op 40 moet jy 42% van jou salaris wegsit en op 45 sal jy 59% moet spaar.”

Lewensverwagting styg ook voortdurend en die waarskynlikheid dat ’n mens vir tot 30 jaar ná aftrede steeds moet aanhou belê, is ’n werklikheid.

“Inflasie is die vyand en beleggers moet mik om opbrengste te kry wat inflasie klop.”

Historiese data dui daarop dat aandele die hoogste presteerder op lang termyn onder die bateklasse is.

“Selfs al is die opbrengs op kort termyn wisselvallig en laat dit jou as belegger ongemaklik voel, sal die opbrengs oor die lang termyn ’n gladde kurwe vertoon en jou belegging in staat stel om inflasie te klop.”

Moenie wanneer jy aftree die maksimum wat jy in kontant kan onttrek, onttrek nie. Dit verminder jou aftreekapitaal.

“Navorsing het getoon deur jou aanvanklike onttrekking tot 4% van jou belegging in die eerste jaar vas te pen en daarna die stygings in die onttrekkingskoers van jou rand-gekoppelde belegging in ooreenstemming met inflasie te hou, terwyl jy minstens 50% van jou neseier aan groeibates toewys, is volhoubaar.”

Die Aftreekongres word op 16 Augustus om 17:00 by die Summerwood Country Estate buite Bloemfontein gehou.

Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik.

Bel Caren Eigelaar van Jenwil Blue­Star by 051-447-0463 of stuur ’n e-pos na office@jenwil.co.za om plek te bespreek. – Vida Booysen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.