Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Konsert help parke

Ararat, Oranjekop en die Maanrots; die Hand van God, Venstervalle en Groenrivier.

Dít is enkele van die bakens wat Woensdag (25/11) om 19:00 uitgelig gaan word in ’n unieke virtuele konsert met Jak de Priester.

Om ’n bydrae te lewer tot Sanparke se herstel ná die inperkingstyd hou die Sanparke-ereveldwagters dié virtuele konsert, waarin van die nasionale parke in die Noord-Kaap bekend gestel sal word.

Die konsert is ’n bemarkingsgeleentheid vir die Kgalagadi- en die Ai/-Ais/Richtersveld-oorgrenspark, asook vir die Augrabies-waterval-, Namakwa- en Mokala- Nasionale Park. Foto’s van dié parke sal vertoon word terwyl interessante inligting verskaf word.

Unieke gebeurtenisse wat aangepak word, soos die Mokala-boskonsert, word uitgelig, asook van die natuur­ervarings.

Jak de Priester sal die aanbieder wees en tussendeur van sy liedjies sing.

Kaartjies kos R150 “per skerm” by Ticketslive.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.