Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Konsertklanke help viervoetiges

Met net minder as 2 500 mense wat die vertoning van Jo Black en kie Vrydag (02/11) by die Makarios Country Lodge in Bainsvlei bygewoon het, kan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se Bloemfontein-tak nou binnekort ’n nuwe voertuig koop.

Reinet Meyer sê sy is ongelooflik dankbaar vir die mense se ondersteuning van dié konsert waar Jo Black, Spoegwolf, Swerwer, Gert Koevert en Drywater opgetree het.

Die doel was om genoeg geld in te samel sodat die DBV ’n derde bakkie kan koop om diere in die Bloemfontein-streek te help.

“Vir die laaste paar rand wat ons nodig het, bied die DBV van 6 tot 23 Desember sy Kersliggieprojek aan,” sê Meyer.

“Ons gaan die DBV-perseel in McGregorstraat met Kersliggies versier. Toegang is R10 per persoon, en ouers kan teen R50 geskenke vir hul kinders koop wat Kersvader daar gaan uitdeel. Mense kan ook hul honde bring om self ’n geskenk uit te snuffel– die prys van die geskenkies hang van die smaak van dié hondekinders af.”

Reinet sê die kinders sal onder meer in ’n slee kan ry. “Dit beloof Kersfeespret vir jonk en oud.”

Sy meen die geld wat ingesamel word, sal help om ’n droom te bewaarheid.

“Namens elke dier wat nie vir homself kan praat nie, innige dank.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.