Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kovsies helfte van SA se span

Die helfte van die Suid-Afrikaanse studente­tennisspan wat van 3 tot 14 Julie aan die Wêreldstudentespele in Italië gaan deelneem, is studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Die Kovsie-tennisklub is ryklik beloon met dié spelers se oorheersing van studentetennis op nasionale vlak. Hulle het sedert 2010 elke jaar Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) se kampioenskap gewen.

Ruben Kruger en Heinrich Willemse is twee van die span van vier tennisspelers wat Suid-Afrika op die spele gaan verteenwoordig. Hulle word afgerig deur Marnus Kleinhans, wat ook een van die afrigters van die studentespan is. Janine de Kock, spanbestuurder van Kovsie-tennis, is ook die spanbestuurder vir die studentespan.

Nog twee Kovsies, Tyler Beling en Yolandi Stander, gaan Suid-Afrika in atletiek verteenwoordig. Beling neem deel in die halfmarathon en Stander in diskusgooi. Die twee het albei goue medaljes op die USSA-kampioenskap in April gewen. Emmarie Fouché van Kovsie-sport is ook een van die afrigters van die Suid-Afrikaanse span.

Godfrey Tenoff, sportbestuurder van KovsieSport en hoofafrigter van die UV-sokkerspanne, sal die Suid-Afrikaanse studentesokkerspan afrig.

Twee lede van Kovsie-swem is ook in die span ingesluit. Eben Vorster, wat nou oorsee studeer en vir die UV swem, asook die afrigter Marco Markgraaf, wat die hoofafrigter vir die studentespan is, gaan saam na Italië.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.