Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kranige jong atleet is ’n sportster wat uitblink

Keenan Cloete (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Jim Fouché, is Mei se wenner van Bloemnuus se Let’s Play Sportster van die Maand vir sy prestasies in atletiek.

Hy het goue medaljes in die 100 m en 200 m behaal op die Zone 1-Bloemfonteinse Skolebekertoernooi, die uitnodigingsbyeenkoms van die Hoërskool Diamantveld, op die Motheo/Xhariep-kampioenskapsbyeenkoms, op Atletiek Suid-Afrika se Vrystaat-kampioenskasbyeenkoms vir seuns o.18 en op die Vrystaat-hoërskolekampioenskapsbyeenkoms vir seuns o.17. Hy het ook ’n goue medalje behaal in die 200 m op die Hoërskool Sentraal se Top-20-uitnodigingsbyeenkoms.

Op die Nasionale Hoërskole-kampioenskapsbyeenkoms wat in Port Elizabeth aangebied is, het hy vyfde in die 100 m gekom.

Hy het ook deelgeneem in Atletiek Suid-Afrika se o.18-atletiekkampioenskapsbyeenkoms waar hy ’n vyfde plek in die 200 m behaal het. Op die byeenkoms is hy gekies vir die voorbereidingspan wat Suid-Afrika op die Konfederasie van Afrika se atletiekbyeenkoms vir o.18- en o.19-atlete in Abidjan aan die Ivoorkus sou gaan verteenwoordig. Hy het ongelukkig nie die finale span gehaal nie weens ’n besering wat hy in die eindronde van die 200 m op Atletiek Suid-Afrika se o.18-byeenkoms opgedoen het.

Keenen is nou volgens Atletiek Suid-Afrika se 2019-Top-10-ranglys vierde vir die 100 m- en 200 m-nommer vir seuns o.18.

Sy leuse is: “Outhustle, outwork, outthink, outplay, outlast.”

  • Inskrywings word nou ingewag vir Bloemnuus en SuperSport se Sportster van die Maand vir Junie. Daar word elke maand ’n wenner aangewys uit die inskrywings en aan die einde van die jaar word Bloemnuus en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Jaar aangewys.

Rig navrae oor inskrywings aan Lynne Landman by Z PR (051-522-9574).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.