Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kruis skyn weer

Die kruis op Brandkop by Pellissier brand weer nadat ’n inwoner, Dirk Nagel, besluit het werk moet gemaak word van die kruis wat deur die jare verweer het.

Nico Gerber, voorsitter van Trots Pellissier, sê die eerste kruis is in 1999 by die wateropgaartenk op Brandkop opgerig.

“Aanvanklik was daar drie kruise, maar vandag is daar net die een, waarvan die gloeilampe mettertyd almal geblaas het.”

Trots Pellissier, ’n organisasie wat hom beywer vir ’n skoon en mooi woonbuurt, het met die Fichardtpark Woonbuurtvereniging (FWA) kragte saamgesnoer en geld geskenk om te help met die herstel van die kruis.

Die kruis is opgeknap en die ligte daarvan is op Vrydag 20 September weer aangeskakel om oor Pellissier te skyn.

Gerber sê vrywilligers van Trots Pellissier maak elke tweede Saterdag die openbare ruimtes in die woonbuurt skoon.

Hy sê daar is sowat 1 200 huise in dié woonbuurt en hulle wil graag meer inwoners by Trots Pellissier betrek.

“As ons net die helfte van die inwoners aktief betrokke kan kry om te help en ’n geldelike bydra te maak, kan ons begin om van die munisipale funksies oor te neem soos om verkeerseilande netjies te hou.”

Van die langtermynplanne van dié organisasie is die koop van grassnyers, die opvul van slag­gate en om nie afhanklik te wees van die Mangaung-metro vir sekere instandhoudingswerk nie.

Gerber sê hulle werk nou saam met die FWA en monitor die watersituasie.

“As dit moet, sal ons regstappe neem om te verhoed dat ons inwoners benadeel word in die stryd tussen die Mangaung-metro en Bloemwater,” het hy aan Bloemnuusgesê.

“Ek glo ons maak reeds ’n verskil in Pellissier, maar ons het meer inwoners nodig wat passievol is om die woonbuurt netjies te hou.”

Hy doen ’n beroep op inwoners om swartsakke slegs op die dae waarop die munisipale vullisverwydering gedoen word, uit te sit, op hul eie sypaadjies.

Hy herinner inwoners ook weer daaraan dat die munisipale vullisverwyderingsdiens nie op tuinvullis van toepassing is nie.

  • , Trots Pellissier.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.