Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry kykie agter museum se skerms

Op Internasionale Museumdag, wat Saterdag (18/05) gevier word, gaan die publiek ’n kykie agter die skerms kry.

Mense word genooi om te kom luister na lesings deur die Nasionale Museum in Bloemfontein se argeoloog dr. Lloyd Rossouw en paleontoloog dr. Jennifer Botha Brink.

Die publiek sal ook die museum se versamelings oor argeologie, spinnekoppe, rotskuns, geskiedenis en antropologie, wat nie op uitstalling is nie, kan besigtig.

Die bespreking sal handel oor hoe museums kulturele versamelpunte geword het wat as platform dien waar kreatiwiteit en kennis gemeng word om meer interaktief met besoekers om te gaan.

Verrigtinge sal van 09:00 tot 14:00 duur en word gratis aangebied.

Bespreking is egter noodsaaklik. Bel 051-447-9609.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.