Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns ’n reis deur emosie

Twee Bloemfonteinse kunstenaars stal van vandag (10/05) af hul werke in die Gallery on Leviseur uit.

Rudolph Pretorius en Ryette Pienaar se werke sal tot 3 Junie in die uitstalling Journey of the Soul te sien wees.

Volgens Rudolph handel sy uitstalling oor sy spirituele voorstelling enervarings met sy pa se afsterwe in Januarie.

“Ek beeld emosies soos vrees, hartseer, verlies, aggressie en uiteindelik vrede uit. Ek dink baie mense kan identifiseer met die werke, ongeag die verlies wat hulle gely het Ek hoop dit kan iets vir iemand anders beteken.”

Daar sal ook van sy landskapswerke – wat almal ’n spirituele ondertoon het, – te sien wees.

Ryette sê Journey of the soul is ’n skeppende proses van ’n diepe soeke na innerlike vrede.

“Vir my is dit ’n reis van selfondersoek, ontdekking en uithouvermoë.”

Die amptelike opening van Journey of the Soul is vanaand om 18:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.