Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns op bottels verewig

Dit is nie meer net ’n kwessie van ’n boodskap ín ’n bottel nie, maar eerder ’n boodskap – oftewel ’n kunswerk – óp ’n bottel.

Een van die kunswerke van sanger, liedjieskrywer en kunstenaar Jacobus Silwer gaan binnekort deel word van ’n landswye projek om kunstenaars se werke op waterbottels te verewig.

Jacobus is opgewonde oor die geleentheid om een van sy kunswerke – dié van ’n turksvy – op die It’s Not Made in China-waterbottels te laat verskyn.

Tracy Ruggier van Durban, die skepper van die It’s Not Made in China-handelsnaam, het ’n groot passie gehad om ’n onderneming te begin wat nie net geld maak nie, maar ook vir kunstenaars voordelig is.

Die naam kom juis van die gebruik om te sê waar iets gemaak word. Met ’n naam soos It’s Not Made in China, wou sy wys dat dié onderneming dinge graag anders wil doen.

Sy sê dit is juis ’n projek wat gaan oor die mense wat daarby betrokke is.

“Dit bied ’n unieke medium waarop kuns vertoon kan word.”

Elke kunstenaar se naam verskyn by sy kunswerk op die bottel.

Drie ander Bloemfonteiners, Elmari Steyn, Divan Schutte en Riaana Pieters, asook kunstenaar en oud-Bloemfonteiner David Griessel, se werke verskyn reeds geruime tyd op die bottels.

Danksy ’n kompetisie wat Gallery on Leviseur aangebied het, het Divan en Elmari se kuns deel van die projek geword.

Tracy het groot lof vir die ondersteuning wat Gallery on Leviseur aan kunstenaars bied.

Op dié manier is hul werk ook ’n groter platform gegee.

Tracy sê 49 kunswerke het al op die bottels verskyn.

Die bottels word van 100% herwonne materiaal gemaak, en ’n nuwe projek is ook onlangs begin waarmee reeds gebruikte bottels in die vervaardiging van T-hemde en sakke gebruik word.

Die kunstenaars kry ook ’n inkomste uit hul kunswerke wat op die T-hemde gedruk word.

In Bloemfontein ontvang Drink Up die bottels en vul dit met water.

Van daar word dit oor die Vrystaat heen versprei.

Janine Hewitt van Drink Up sê dit is vir hulle baie opwindend om elke nuwe besending van It’s Not Made in China te ontvang, omdat elkeen nuwe kunswerke bevat.

Sy sê elke kunswerk word net op ’n beperkte aantal bottels gedruk voordat ’n nuwe kunswerk verskyn.

Lee-Roy Hewitt, wat plaaslik met die verspreiding van die It’s Not Made In China-bottels help, sê daar is al heelwat versamelaars wat probeer om elke kunswerk te bekom.

Janine sê dié bottels is ook baie nuttig vir hergebruik, juis omdat hulle so stewig en mooi is.

Sy hervul die bottels met onder meer room en skottelgoedseep vir gebruik by die huis.

Op dié manier word ’n nuttige artikel soos ’n waterbottel ’n kunswerkie in eie reg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.