Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns voed ander se ‘honger vir die mooi’

’n Solo-uitstalling van die werk van René Snyman genaamd The Light from within word van 14 tot 17 November in die Kotzé-kuns­galery by Dan Pienaarrylaan 44 uitgestal.

Snyman, wie se werk inter­nasionaal aanhang geniet, werk en leef in ’n ateljee in Sir Lowryspas in die Wes-Kaap.

Haar kunswerke ondersoek die effek van lig op verskillende oppervlakke, soos grond, vel en water. Sy put inspirasie uit die natuur, haar kinderjare en daaglikse ondervindings.

Snyman ly van kindsbeen af aan swak sig en dit is eers ontdek toe sy 11 jaar oud was.

Sy het geleer om die wêreld in detail, van die grond af, te sien. Dit wat ver was, het sy nooit gesien nie, of was heeltemal uit fokus. Haar sig het ’n groot invloed op haar werk gehad.

“Kommunikasie, sowel as intieme en persoonlike stories, gebeur naby jou – hoe verder dit van jou af weg is in ruimte, hoe meer onpersoonlik raak dit,” sê Snyman in haar biografie.

“Die doel van my kuns is om ander te seën, om hul honger vir die mooi in die lewe te voed en om iets oor te dra van God wat hul lewe kan verander.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.