Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunsmuseum bied pretdag vir oud en jonk

Die Oliewenhuis-kunsmuseum vier Suid-Afrika se ryk kultuur en erfenis deur ’n pretdag, Pitsa di a bela.

Dit vind Saterdag (15/09) van 08:00 tot 15:00 in die mu­seumtuin plaas en is vir oud en jonk geskik.

Die Standard Bank Trail Run-reeks gebruik in samewerking met Volksblad, die kunsmuseum se staproetes vir ’n veldwedloop.

Belangstellendes kan hulle vir die wedlope (5 km en 10 km) wat om 07:00 begin, inskryf. Later word drie wedlope aangebied: ’n Kinderwedloop van­ 1 km om 08:45, ’n 5km-wedloop vir skoliere, ’n kort wedloop (sowat 5 km) en ’n langer wedloop (sowat 9 km) om 09:00.

Ander aktiwiteite sluit Afrika-mallemeuleritte, opvoedkundige aktiwiteite en ’n poppespel in.

Die handwerk-en-erfenismark open om 08:00. Die stalletjies bied onder meer plaaslik vervaardigde houtbeelde, handgemaakte babaklere, Afrika-geïnspireerde speelgoed, handgemaakte leergoedere, skoene, shwe-shwe-handsakke, roosbottel- (rosehip) en rooibostee-produkte, boeke, sonkrag-produkte, vetplante, Afrika-tromme en juweliersware geweef van perdehaar.

Die Basotho-kultuurdorp vertoon tradisionele Basotho-handwerk. Die !Khwe-gemeenskap van Platfontein sal aspekte van hul kultuur met besoekers deel.

Dansoptredes word aangebied en kinders sal die geleentheid kry om op die Cheetah-trein te ry.

’n Fees van plaaslike kos en drankies is op die spyskaart.

  • Toegang is gratis. Besoekers mag ’n piekniekkombers bring. Kontak die Oliewenhuis-kunsmuseum by 051-011-0525 (uitbreiding 200) of by oliewen@nasmus.co.za.­) Atlete kan by www.trailrunseries.co.za vir die wedlope inskryf. Deelnemers aan die 07:00-wedlope moet hulle aanlyn inskryf. Inskrywings vir die ander wedlope kan Saterdag gedoen word.

Deelname kos R100 (lang wedloop), R90 (kort wedloop) en R40 (kinderwedloop).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.