Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunste vernuwe

Die hele kunsgemeenskap is soos baie ander bedrywe in die knyp weens die Covid-19-pandemie wat die lewe vir almal in Suid-Afrika en mense wêreldwyd ontwrig het.

Daar is egter talle vernuwende idees wat na vore kom en die weg baan vir ’n nuwe invalshoek om feeste in digitale formaat te laat voortleef.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) was die gespreksleier in ’n onlangse paneelbespreking oor Suid-Afrika se kunstefeeste. Die gesprek, wat op 6 Mei aangebied is, is deel van ’n reeks besprekings in Mei aangebied deur die Vrystaat Kunstefees (VK), wat in Julie sou plaasvind.

Andy Lubbe, feesdirekteur van Innibos, sê sonder ’n fees is daar geen inkomste nie. Innibos, wat vir 24 tot 27 Junie beplan was, gaan voorlopig na 10 tot 13 Desember verskuif word.

“Ons is positief die verbod op openbare byeenkomste sal teen daardie tyd opgehef wees. Intussen gaan ons opnames van ou produksies vertoon om die gees van die fees lewend te hou en die inkomste daarvan sal teruggeploeg word in die kunstenaars en tegniese mense.”

Hugo Theart van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), die eerste fees wat gekanselleer moes word, sê die kansellasie het ’n reuse-invloed op Oudtshoorn se ekonomie gehad.

Dr. Ricardo Peach, direkteur van die VK, sê die talle projekte wat feeskomitees nou aanlyn aanpak, kan in die toekoms deel van die fees word.

Die lede van die paneel, wat Alexa Strachan van Aardklop, Saartjie Botha van die US Woordfees en Jana Hattingh van die Suidoosterfees ingesluit het, was dit eens dat teater nie bloot opgeneem en soos ’n rolprent aangebied word nie.

Botha sê ’n groot probleem is dat kunstenaars werk geskep het wat deur feeste aangevra is.

Akteur De Klerk Oelofse meen daar is geen manier om die ware gevoel van teater te vervang nie. Dit is ’n gedeelde ervaring tussen die akteur en die gehoor.

Rudi Sadler, ’n regisseur van Theatrerocket, meen een-tot-een-produksies soos DEURnis is werkbaar op aanlyn platforms.

“Kunstenaars sal innoverend moet wees,” het Strachan gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.