Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kunstenaars gee hulp

Plaaslike en nasionale kunstenaars het hul hart oopgemaak deur van hul kunswerke aan die Moeder-en-kind- Akademiese Hospitaal-stigting (Macah) te skenk om as deel van ’n groepuitstalling verkoop te word.

Die uitstalling, Earth Water Wind Fire, wat Vrydag (02/08) in Gallery on Leviseur geopen is, is ’n kunsuitstalling wat as geldinsamelingsprojek vir die stigting dien.

Dit sluit onder meer eietydse Suid-Afrikaanse keramiek- en beeldhouwerke in, asook sketse en skilderye deur ’n paar bekende name.

Met dié uitstalling kry kunsliefhebbers die geleentheid om vir ’n goeie doel bekostigbare werke te bekom.

Kunstenaars wie se werk deel van die uitstalling is, is onder meer Dina Grobler, Helena de Waal, Fanie Viljoen, David Griessel en Alida Stewart.

Vir diegene wat nie nou hul hand so diep in die sak kan steek nie, is daar ook die opsie van kunskaartjies.

Met die kunstenaars se toestemming het die stigting die onderskeie kunswerke op kaartjies laat druk.

Met Kersfees wat weer om die draai is, is dié ’n perfekte Kerskaartjie om ’n spesiale geskenk te vergesel.

Kaartjies word teen R50 stuk verkoop, en kan by die galery by 082-880-6774 of by Tertia de Bruin van die Macah-stigting by 082-808-6099 bestel word.

Die uitstalling duur tot 22 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.