Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Landgoed se nuwe hek eersdaags voltooi

Die laaste afronding word nou aan die Bergendal-toegangshek by die nuwe fase van die Woodland Hills-landgoed gedoen.

Die hek word bereik met die nuwe teerpad wat onlangs van die R700 (Kenneth Kaundaweg) net agter die Shell Ultra City gebou is.

Marieke Botha van Beautiful Buildings sê dié firma het ook die hoofhek, die Hillandale-hek, ontwerp. Sy sê hul opdrag was om die karakter van die landgoed te weerspieël. Sy onthou toe dié ontwikkeling – ’n mooi stuk landskap buite Bloemfontein – net ’n droom was.

“Dié droom het intussen ontvou. Vanjaar is die hek en infrastruktuur van die volgende fase reeds begin bou.” is vanjaar begin met die bou van die infrastruktuur en hek van die volgende fase.”

Sy sê die estetiese reëls vir die nuwe Bergendal-fase is gewysig om ook plaatmetaal as dakbedekking te gebruik. Dit is ook by die nuwe ingang gebruik.

Afgesien van die vormkeuse van die dak, was Botha se aanslag vir die ontwerp kontemporêr en modern, met ’n aardse ondertoon.

“Die klipbekleding is ’n belang­rike element wat die kleurgebruik en vorm in ’n eenheid saambind.”

Die dienstetoevoer vir die ontwikkelings is reeds gelê en bouwerk sal in alle waarskynlikheid teen Februarie hier begin.

Sy sê die laaste afrondingswerk aan die hek en administrasie­kantoor word nou gedoen sodat die hek binnekort gebruik sal kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.