Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leef landelik in die stad

Promosie: As jy graag ’n splinternuwe, argitek-ontwerpte, byderwetse eiendom in ’n goed-gevestigde noordelike woonbuurt in Bloemfontein wil koop, is Mount Sophia in Heuwelsig net die plek.

Die kompleks is die verpersoonliking van ’n landelike leefstyl in ’n stedelike omgewing.

Mount Sophia is net agter die Tempe-weermagbasis en bestaan uit 56 eenhede (simpleks- en duplekswonings) in ’n kompleks wat gerieflik min instandhouding verg.

Daar is ’n keuse tussen twee- tot vierslaapkamerhuise (vloeroppervlakte van 128 m² tot 291 m²) en pryse wissel tussen R1,1 miljoen en R2,3 miljoen.

Die eko-ontwerpte Mount Sophia is gereed vir gebruik in fases een en twee en elke eenheid het net die beste afwerkings soos dié waarvoor Lenova Construction and Development se ontwikkelings bekend is.

Die kompleks volg ’n groen, eko-vriendelike beleid met voorafbetaalde water- en elektrisiteitmeterstelsels, asook ’n hittepompstelsel in elke eenheid.

Elke eenheid het aluminiumvensters en -skuifdeure en het ’n groot oopplan-kombuis met granietblaaie, ’n elegante oopplan-leefruimte en -eetkamer, ontwerper-kaste, ’n toegeboude braaigedeelte en elke eenheid is omhein, met ’n private tuin met ’n grasperk.

Die vierslaapkamer-eenhede het ook ’n aparte studeerkamer op die eerste verdieping.

Geen oordragbelasting en oordragkoste is van toepassing op Mount Sophia nie.

As jy in een van hierdie eenhede belangstel, bel Alice Zhao by 076-391-4068 of stuur ’n e-pos na marketing@­lenovaconstruction.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.