Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer ons lesers ken

Marie du Plooy is ’n afgetrede onderwyser van Bloemfontein.

Marnus Kok het met haar gesels.

  • Van waar is jy afkomstig?

Albertinia – ’n mooi klein dorpie 50 km wes van Mosselbaai. Pragtige aalwynwêreld, die unieke Albertinia-heide kom net daar voor en dan ook die Albertinia Hotel – almal het altyd liries geraak oor die koninklike spyskaart wat langer as Psalm 119 is.

  • Waar in Bloemfontein bly jy?

Vir meer as 20 jaar is ek al ’n baie dankbare en bevoorregte inwoner van Langenhovenpark.

  • By watter skool was jy ’n onderwyser en watter vakke het jy aangebied?

Dit was wonderlik om kinders nie net ietsie meer te kon leer oor die diversiteit van lewe nie, maar ook ’n klein bietjie oor hoe ons liggame funksioneer. Ek was die Biologie-onnie aan die Hoërskool Bloemfontein.

  • Wat is jou stokperdjies? Hoekom gee dié stokperdjie jou soveel genot?

Lees, kook, bak en koffiedrink. Ek vroetel graag in my tuin in die grond. Rose verskaf my baie vreugde. Geen ander plant kan ’n roos klop as dit by langdurige blom- en kleurvertoon kom nie.

  • Hoe lank lees jy al Bloemnuus?

Bloemnuus is sinoniem met Bloemfontein. Sedert my studentedae was dit ’n waardevolle bron van inligting oor wat in Bloemfontein gebeur. Bloemnuus skitter deesdae met passie wat ingesit word met alles wat geskryf en aangebied word vir lesers. Ek hou daarvan.

  • Wat is jou gunsteling- soort nuus?

’n Bietjie opbeurende en positiewe nuusbrokkies – goeie nuus soos dat die brandstofprys nie vandeesweek styg nie. Mooi foto-juweeltjies, om te deel in die lief en leed van Bloemfonteiners. Maar ook die slegte en hartseernuus wat ’n mens somtyds opnuut tot die besef dwing dat daar steeds baie is om voor dankbaar te wees.

  • Voltooi dié sin: Ek hou van Bloemfontein want . . .

mense sê dit is ’n stad, maar dit is eintlik een wonderlike groot dorp met genoeg winkels, skole en studente wat ’n kenmerkende karakter aan dié stad gee.

Eintlik is ek ’n huishen en daar sal maklik ’n hele naweek verbygaan dat ons motor nie eenkeer die huis sal verlaat nie, maar as jy wel iets wil doen, is daar oorgenoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.