Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer praat met gemak

Bloemfontein Toastmasters se bedrywighede vir die jaar begin op Woensdag (16/01) om 17:30 by die kantoor van MedFM in die Brandwag-sakekompleks in McHardylaan.

Hannatjie Penning, ’n komiteelid, sê hierdie vereniging is die perfekte plek waar jy jou kommunikasievaardighede kan verbeter en jou selfvertroue kan bou.

“By Toastmasters leer die lede om met gemak voor ’n gehoor te praat – in ’n omgewing waar hulle mekaar ondersteun. Jy sluit nie aan by die Toastmasters omdat jy goed kan praat nie, maar sodat jy kan leer om beter en met gemak te praat.”

Penning sê elke nuwe lid wat aansluit kry ’n handleiding en moet toesprake voorberei en aanbied.

Elke spreker word ná die toespraak geëvalueer en ontvang opbouende kommentaar wat daarop gemik is om elkeen se sterk punte te verbeter.

Daar is ook ’n afdeling waar lede onvoorbereide toesprake lewer, wat lede leer om op hul voete te dink.

In die leierskapafdeling kan lede ’n sertifikaat van Toastmasters Internasionaal verwerf as hulle verskillende projekte afhandel.

Vir meer inligting, bel Penning by 083-805-1342.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.