Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerlinge blink uit in wiskunde

Meer as 300 deelnemers van oor die Vrystaat heen het op 11 en 12 Oktober in die Vrystaatse Wiskundefees by die Bon Hotel Bloemfontein meegeding.

Twee Bloemfonteiners was onder die toppresteerders in die kompetisie wat deur Eskom se ontwikkelingstigting geborg en deur die Vrystaatse departement van onderwys in samewerking met die Kagiso Trust aangebied is.

Leerlinge in gr. 8 tot gr. 11 wat beter as 50% in wiskunde behaal, het aan die kompetisie deelgeneem. Die kompetisie is eers by die skole en op distriksvlak aangebied voordat die eindronde die naweek in Bloemfontein beslis is.

Die graadwenners is Caitlin Rossouw (gr. 8) en Lize Ferreira (gr. 9) albei van die Eunice High School, Wian Botma van die Hoër Landbouskool Landdboudal op Jacobsdal (gr. 10) en Amkitha Diko van die Hoërskool Springfontein (gr. 11). Wian was ook die algehele wenner in die kompetisie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.