Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerlinge skitter op byeenkomste

Twee leerlinge aan die Hoërskool Sentraal het op 28 Julie uitgeblink op die Suid-Afrikaanse Alpynse Ski-kampioenskapsbyeenkoms en die Suid-Afrikaanse Junior Alpynse byeenkoms wat by die Tiffendell-ski-oord aangebied is.

Cara Leask het ’n derde plek in albei byeenkomste behaal, terwyl Benjamin Olivier die junior byeenkoms gewen het.

Die byeenkomste is op die ski-oord se Gully-helling van 1 250 m gehou.

Die wegspring was op 2 850 m en die eindstreep op 2 710 m – dus ’n val van 140 m.

Die twee kompetisies het elk twee wedlope, waarvan deelnemers albei moet voltooi. As die deelnemer val, word hy gediskwalifiseer.

In elke wedloop moet die deelnemers hul weg om 49 hekke waar rondom skiërs hul pad moetvind.

Die deelnemer met die beste gekombineerde tyd vir albei wedlope is die wenner.

Afgevaardigdes van Switserland het toegesien dat internasionale kompetisiereëls geld.

Die 52 deelnemers het onder meer uit lande soos Oostenryk, België, Frankryk, Italië, Turkye, Kosovo en Portugal gekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.