Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ligawenners vereer

Die winterligawenners van die 2018-seisoen is op 29 Oktober op die algemene jaarvergadering van die Vrystaat-muurbalvereniging se prysuitdelingseremonie vereer.

Die wenners in die eerste liga was Oudstudente se B-span en tweede was Ramblers se A-span. Die span van Saints was derde in dié liga.

In die tweede liga het Oud-Greys gewen, met Tempe in die tweede plek en Saints B in die derde plek.

Die wenners van die derde liga was Oudstudente A, met Oud-Greys in die tweede plek en Ramblers B in die derde plek.

Saint Andrew’s Senior was die wenners in die vierde liga, met Oudstudente A in die tweede plek en Grey-kollege (sekondêr) in die derde plek.

Saint Andrew’s Senior was die wenners van die vyfde liga, Ramblers was tweede en Saints derde.

Sentraal was die wenners van die sesde liga, Saints was tweede en Grey-kollege (primêr) was derde.

In die sewende liga was Grey-kollege (sekondêr) die wenners, St Andrew Senior die naaswenners en Tempe in die derde plek.

Die wenners van die agtste liga was Sentraal, met Eunice Secondary in die tweede plek en St Andrew’s Senior in die derde plek.

Die oorwinning van Oud-Greys in die tweede liga is soveel meer merkwaardig omdat Wouter du Randt in September verlede jaar tydens die meestersmuurbal­toernooi in Port Elizabeth sy achilliestendon geskeur het.

Ná ’n operasie het hy die tweede ligaspan op die reserwebank gehaal.

Met harde werk en rehabilitasie het Du Randt uiteindelik weer teruggeveg vir sy eerste posisie in die span.

Met die tweede ronde van die liga-reeks was hy terug in die span en het hy ’n 100% wen-persentasie gehandhaaf om sy span te help om uiteindelik met die louere weg te stap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.