Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Luister Juanita jkie

Die klank van Kersliedjies gaan Vrydag (08/11) vanaf die sportveld by die Laerskool Willem Postma in Dan Pienaar opklink wanneer die jaarlikse Carols with the Stars daar aangebied word.

Juanita du Plessis en haar kinders Franja en Ruan Josh gaan die gehoor by dié gratis vertoning vermaak met van hul gewildste én hul nuwe liedjies en daarna die gehoor lei in die sing van Kersliedjies.

Dit is die eerste keer waarop die drie in een groot vertoning in Bloemfontein gaan wees. “Dit is ’n groot voorreg om saam twee van my drie kinders op te tree,” het Juanita aan Bloemnuus gesê.

Sy sê dit is vir haar altyd heerlik om in Bloemfontein op te tree. “Die gehore is baie vriendelik. Ek probeer om ten minste een keer ’n jaar in die stad op te tree.”

Voor hul vertoning gaan Bloemfonteiner Cèzanne Yzelle die gehoor bederf met ’n paar liedjies en Mario Lategan, ’n seremoniemeester op die geleentheid, gaan hom ook by haar aansluit.

Toegang tot Carols with the Stars is gratis, maar almal word versoek om blikkieskos en ander nie-bederfbare produkte saam te bring wat aan vier liefdadigheidsorganisasies geskenk gaan word.

Winkeltrollies sal by ingange na die sportveld wees waarin die skenkings geplaas kan word. Die publiek kan toegang verkry deur die Zola Budd-hek en die Volvo-hek aan die sportveld se kant van die skool.

Mense wat ingeskryf het vir die kompetisie waarin die splinternuwe Ford Figo 1,5 AMB geborg deur Pick n Pay Preller Walk gewen kan word, moet teenwoordig wees om ’n kans te staan om dié motor te wen. Inskrywings kan nog tot vandag in die spesiaal gemerkte houer by Preller Walk geplaas word.

’n Bonus vanjaar is die Campmaster Roadster-sleepwaentjie wat deur die Preller Walk-winkelsentrum geborg word en ook die aand gewen kan word. Inskrywings kan ook net tot vandag in die spesiaal gemerkte houers in die sentrum geplaas word.

Bring jou eie stoel of kombers om op te sit en ’n piekniekmandjie. Daar sal ook kosstalletjies wees. Die hekke open om 17:00 en die vertoning begin om 18:30. Kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry en kuier lekker saam met vriende en familie op dié spesiale geleentheid van die jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.