Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma, seun verfraai self Bloemfontein-strate
Werkloos
Alice Lottering en Kelvin Ferreira.

’n Ma en seun wat die afgelope jaar in Bloemfontein woon en sukkel om werk te kry, het uit hul eie besluit om die middelman in Dan Pienaarrylaan skoon te maak.

Alice Lottering (50) en Kelvin Ferreira (26) sê hulle maak nie juis geld as hulle bedel nie, en het besluit om eerder vir die volgende paar weke die omgewing se vullis te verwyder en die onkruid uit te trek.

Hulle het op Woensdag 21 November oorkant die St. Andrew-skool met dié reuse-taak begin, en Alice sê hulle is van plan om nog ’n paar weke hier skoon te maak.

Eers verwyder Kelvin al die swaar ysterklippe uit die beddings wat deur die Mangaung-metro gemaak is. Daarna trek hulle die onkruid uit en tel die vullis op voordat Kelvin die klippe weer een vir een terugpak.

Kelvin sê hulle sukkel om geld van motoriste te bedel.

“Soms kry jy R5, soms R50. Soms vloek die mense jou, en een het my al met ’n bottel gegooi,” sê hy.

Hy en sy ma huur ’n kamer in ’n huis in Buitesig agter die treinstasie vir R60 ’n dag.

Alice kom uit die Oos-Kaap en sê sy het al allerlei werke gedoen, maar sukkel om werk te kry. Kelvin het sy ID-dokumente verloor en het nie geld om vir ’n nuwe een aansoek te doen nie.

Wanda le Roux Taljaard het dié twee se storie verlede week op Facebook gedeel en talle mense het daarop reageer.

Een man het by hulle stilgehou en beloof hy sal sy bakkie bring en hulle help om die onkruid weg te ry.

Ander het weer by hulle stilgehou en vir hulle ’n geldjie gegee.

Op haar Facebook-inskrywing sê Wanda: “Ek daag ieder en elk uit om vir hulle ’n geldjie te gee. Hulle doen iets konstruktief eerder as om te bedel.”

Eurika Wilcock het op die inskrywing reageer: “. . . Ons moet almal hul voorbeeld volg. Al is dit net vir die stukkie straat voor jou huis of onderneming.”

Alice glo dinge sal vir haar en Kelvin uitwerk. “Ons dien ’n liefdevolle Koning,” sê sy.

Dan buk hulle in die bloedige son en werk om ’n deeltjie van Bloemfontein weer mooi te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.