Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maskers verbreed glimlagte
Met die oorhandiging van die maskers is van links, voor: Damin Monang (gr. 4), Palesa Moagadi (gr. 3) en Adrian Burgess (gr. 5); agter: Sunette Els (algemene bestuurder: MTN Sentrale Streek), Lize du Plooy (Kinderwelsyn en Childline Free State), Frans Steyn (Springbok-rugbyspeler) en John Page (skoolhoof: Laerskool Heide).Foto: Lientjie Mentz

Leerlinge aan die Laerskool Heide in Heidedal spog nou met vrolike maskers danksy MTN se nasionale Smile a Rainbow-projek.

Dié maatskappy het die afgelope tyd 2 850 maskers oor die land heen beskikbaar gestel om leerlinge in behoeftige gemeenskappe by te staan.

Kinderwelsyn Bloemfontein en Childline Free State het met MTN hande gevat om die maskers uit te deel in die gebiede waar dié organisasie werksaam is.

Riëtha Wagener, geleentheidskoördineerder van Kinderwelsyn Bloemfontein, sê dié organisasie se oogmerk is die beskerming van kinders teen enige vorm van geweld en alles wat daarmee gepaard gaan.

Die Springbok- en Cheetah-rugbyheld Frans Steyn het leerlinge verras toe hy op Woensdag 11 November opdaag om maskers aan die skool te oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.