Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meesters blaas lewe in klarinetfees

’n Klarinetfees word van Dinsdag (28/01) tot 1 Februarie by die Odeio­n Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein aangebied.

Dit sal ook meesterklasse van internasionale musici, lesings, konserte en kompetisies vir deelnemers van oor die land heen insluit. Meesterspelers uit verskillende lande is die aanbieders.

’n Kunskompetisie bied geld­pryse vir die beste uitbeeldings van ’n klarinet in enige medium en grootte.

Geldpryse van R800 vir die wenner, R400 vir die naaswenner en R200 vir die derde plek is in drie ouderdomsgroepe op die spel – jonger as tien, jonger as 14 en jonger as 18. Die Deon Ceronio-gehoor­sentrum is die borg.

Danré Strydom, die organiseerder van die klarinetfees, sê die inskrywings sal in die Odeion-portaal uitgestal word, waarna die wenners op die konsert op 1 Februarie aangekondig sal word. Die inter­nasionale speler­s tree dié aand in ’n gratis uitvoering saam met die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) op.

Inskrywings is gratis en moet teen Maandag (27/01) om 16:00 by die OSM-kantoor ingedien word.

Die klarinetmeesters Eddy Van­oosthuyse en Severine Sierens van België, Marco Mazzini van Peru, Feng Mei van Amerika en Bence Szepesi van Hongarye sal die fees meemaak.

Hulle en ander toppedagoë gee elke dag individuele en groep­meesterklasse, terwyl deelnemers ook die geleentheid kry om in ensembles te speel en in etensuur- en aandkonserte op te tree.

Deelname aan die extravaganza kos R800, wat bywoning van al die konserte en meesterklasse, asook ’n fees-T-hemp, insluit.

Volledige inligting is op die Facebook-blad ZA International Clarinet Extravaganza geplaas.

Die extravaganza word deur die OSM, FSSO, Odeion-strykkwartet, OSM Camerata, Buffet Crampon en Toms in Bloemfontein ondersteun.

Die Rupert-stigting en die Kunstetrust maak die besoek van die oorsese spelers moontlik.

Stuur ’n e-pos met navrae na ­mclarinetextravaganza@gmail.com of bel Danré Strydom by 072-804-4268.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.