Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mej. Tiener SA ryg titels in
Mej. Tiener SA
Suné Nell Visser. Foto: Zelda Brown Photography

Suné Nell Visser, ’n gr. 10-leerling van die CVO-skool Dankbaar, is op Sondag 25 November as Mej. Tiener Suid-Afrika gekroon.

Die kompetisie, waarvan die finale ronde in Bedfordview plaasgevind het, het op 1 September begin.

Venessa Versfeld, eienaar van V-models in die stad, vertel Suné het net vyf maande gelede met model-lesse begin. Sy sê Suné moes twee liefdadigheidsorganisasies kies wat sy moes ondersteun.

“Sy het Esparanza en Sunflower House gekies en die werk wat sy vir hulle gedoen het met soveel vreugde, liefde en ’n omgee-gesindheid gedoen, dat sy ’n ware rolmodel vir ander tieners was,” sê Versfeld.

Benewens haar kroning as Mej. Tiener, is Suné ook gekroon as Mej. Liefdadigheid, Mej. Tiener Sosiale Media, Mej. Publieke Keuse en Mej. Debutant.

Meer oor:  Bloemnuus  |  Mej Tiener Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.