Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Metro moet ‘verbeter of ontbind’

Twee adjunkministers het Dinsdag (11/02) op ’n spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metro gewaarsku dat die metroraad in Julie ontbind sal word as sake hier nie drasties verander nie.

Dr. David Masondo van die tesourie en Parks Tau van samewerkende regering en tradisionele sake het raadslede toegespreek en gesê daar sal nie geskroom word om die hof te vra om die raad te ontbind as die herstelplan nie noemenswaardige verbetering teweegbring nie.

’n Afvaardiging van DA-raadslede het ook Maandag (10/02) vergader met die nuutaangestelde administrateur van die Mangaung-metro, adv. Mzwakhe Mofokeng, om voorstelle te gee vir die metro se omdraaistrategie.

Hardie Viviers, die DA se Mangaung-koukusleier, sê in ’n nuusverklaring hulle het aan Mofokeng ’n kort oorsig gegee oor wat die DA as noodsaaklike stappe in die volgende paar maande beskou.

“Ons het klem gelê op die skuld van die provinsiale regering aan die metro en dat dit dringend ingevorder moet word,” lui die verklaring.

“Toelae vanaf die nasionale regering moet ook ten volle gebruik word vir dit waarvoor dit bedoel is.”

Viviers sê die administrateur het ingestem om elke twee weke terug­voering te gee oor die voorstelle wat gemaak is en die administratiewe span se verantwoordbaarheid te moniteer.

Intussen het die metro begin met Operasie Patala, ’n veldtog om geld te kry van huurders van munisipale woonstelle en ook ander eiendom wat die metro toekom.

  • Qondile Khedama, algemene bestuurder van die metro se kommunikasie-afdeling, sê in ’n verklaring Operasie Patala mik om geld terug te kry van:huurders van munisipale woonstelle wat agterstallig is met huur;) persele in Bloemside wat in 1990 verkoop is en waarvoor talle bewoners nie betaal het nie; en) die hertoewysing van informele persele wat verkoop is aan mense wat nie daarvoor kwalifiseer nie.

Khedama sê die eerste deel van die veldtog het al in November verlede jaar begin.

Sover is 112 rekeninge al aan die Ramothello-prokureurs oorhandig. Huurders het ook briewe ontvang om aan te dui wat agterstallig is.

“Die munisipaliteit gaan nou begin met aansoeke om uitsettingsbevele te bekom.”

Volgens Khedama is Operasie Patala net een van die metodes wat in die geldelike herstelplan uiteengesit is waarop daar in die beplan word om geld wat aan die munisipaliteit geskuld word, terug te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.