Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Metro se plan oorweeg

Lede van die publiek het nog net tot Dinsdag (26/05) om terug­voering te gee oor die Mangaung-metro se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk soos dit op die metro se webwerf gepubliseer is.

Dié lywige dokument bepaal waar watter soort ontwikkeling in die toekoms toegelaat sal word en waar groenstroke beskerm moet word.

Tjaart van der Walt, DA-raadslid en ’n stad-en-streeksbeplanner, sê dit is belangrik dat daar ’n proses van openbare deelname en kommentaar is.

“Die metro se prosedures om sulke dokumente aan die publiek voor te hou is nie altyd so suksesvol nie,” sê Van der Walt.

“Die beskikbaarheid van die plan op die webwerf maak dit vir talle toeganklik om op hul tyd daardeur te werk en voorstelle in te dien.”

Die dokument is 100 MB groot en beslaan 400 bladsye.

Die publiek, ontwikkelaars, bouers, stadsbeplanners en argitekte het nou die kans om te reageer.

Van der Walt sê die DA het die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, oortuig om te erken dat die vorige ruimtelike ontwikkelingsraamwerk nie voldoen het aan die Wet op Ruimtelike Beplanning en die Bestuur van Grondgebruik nie.

“Nou het hulle ’n doelwit gestel om die nuwe raamwerk in Junie 2020 goed te keur,” bevestig hy.

In ’n mediaverklaring sê Van der Walt daar is nie met gemeenskappe, belanghebbendes, ondernemings en ontwikkelaars geskakel om hul belange en behoeftes by die raamwerk in te sluit nie.

Hy sê die nuwe raamwerk is wel aansienlik beter as die vorige een wat voorgelê is.

Terugvoering en voorstelle kan per e-pos gestuur word na tilfred.mabuza@mangaung.co.za of by kamer 818 in die Bram Fischer-gebou ingedien word.

Rig alle navrae aan Tilfred Mabuza by 051-405-8276 of 051-405-8231.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.