Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Monument in die kollig

’n Beraad om te kyk na die boodskap en betekenis van die Nasionale Vrouemonument vir vandag, is Vrydag (31/05) op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied.

Verskeie kulturele organisasies in die stad het die geleentheid, wat deur die Nasionale Vrouemonument-kommissie gereël is, bygewoon.

Prof. Piet Strauss, voorsitter van die kommissie, het gesê die verantwoordelike vasstelling van die betekenis van die Vrouemonument begin by die ontstaangeskiedenis, die simboliek en bewoording tydens die onthulling van die monument op 16 Desember 1913 wat op die monument aangebring is.

Die monument is opgerig ter nagedagtenis aan die meer as 34 000 vroue en kinders wat gesterf het in die Anglo-Boereoorlog.

Prof. Andries Raath, senior professor verbonde aan die UV se regsdepartement en geskiedskrywer, het in sy voorlegging verwys na die konteks en perspektief waarna ’n mens na die Vrouemonument moet kyk. Hy het gesê dit is vir ons ’n voorreg om so ’n ryke skat en erfenis te hê.

Raath het gesê dié monument is die tasbare gestalte van die waardes en ideale van die Boerevolk in die eerste twee dekades van die 20ste eeu na aanleiding van die dramatiese effek van Anglo-Bloereoorlog van 1899 tot 1902 op die lewe van vroue en kinders in die wêreldgeskiedenis, maar ook in Suid-Afrika in hierdie tyd.

In ’n gesprek wat ná die referate gevolg het, het Joan Abrahams (Tannie Mossie) gesê dit is belangrik dat die kommissie ondersoek begin instel na die moontlikheid om die Nasionale Vrouemonument as ’n wêrelderfenismonument te laat verklaar om so ook internasionaal erkenning te kry.

Strauss het hierop gesê dit is iets wat die kommissie beslis kan oorweeg juis omdat soveel buitelandse besoekers die monument by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke daagliks besoek.

Henk Maree van AfriForum-jeug het gesê jong mense van vandag sukkel met hul identiteit en weet nie meer wat hul kultuur is nie. Hy sê dit is belangrik dat daar ’n nuwe fokus op geskiedenis geplaas word. Hy sê hy het telkens ondervind hoe jong mense wat hul geskiedenis leer ken, se perspektief van wanhoop verander in hoop vir Suid-Afrika.

Die Vriende van die Nasionale Vrouemonument is ook onlangs gestig met die oog op die instandhouding en bewaring van die monument.

Mense wat belang stel om lid van die vereniging te word, kan Esta Jones by estaj@vodamail.co.za of by 082-786-5970 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.